Jost yorkshire terriers Newbie


Posts: 22 Join date: 2010-04-03 Age: 53 Location: Kenhardt
 | Subject: Verwonderd oor my Biewer Fri Sep 24, 2010 7:05 pm | |
| My buurvrou het gister kom kuier met haar seuntjie van 2jr en 3mnde. Briana het op die bank geklim by hom en op sy skoot gaan le. Op haar ruggie met een voorbeentjie in die lug, soos sy maak as ons haar magie moet krap. Sy het toe met haar pootjie sag op sy wang gedruk, n gewoontetjie wat sy met ons ook doen. Die 2 yorkies van 16 en 12 weke het hulself hees geblaf vir hom, en soos yorkies maar is, omtrent rondgehol. Ek verstom my elke slag vir die rustigheid van die biewers met kinders. Sy kan so kalm wees.Het so een rustige dingetjie nodig in my lewe.Maar dan kan sy so opgewonde buite rondhol, veral as sy die groot werfhond sien. Soms trek sy deur die lug so in die hardloop as sy oor iets spring, dit is die mooiste prentjie. Ag ek geniet haar vreeslik. SOOO lief vir haar, maar vir die res van die woelige yorkies ook. :bounce: |
|
Magda Nothnagel SAYer


Posts: 138 Join date: 2009-07-27 Age: 50 Location: Durbanville
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Fri Sep 24, 2010 9:46 pm | |
| Ek weet presies hoe jy voel, as Sh'Zen met so 'n spoed van buite af ingehardloop kom as ek sĂȘ "ek gaan die deur toemaak, jy moet kom" dan hardloop sy met 'n stink spoed na my en dit lyk asof sy geen beentjies het nie, jy sien net 'n wit en swart bol wol wat aangehardloop kom, oortjies sommer so plat teen die koppie, ag dan kry ek so lag en so 'n warm liefdesgevoel in my hart. |
|
Marilize Admin


Posts: 1459 Join date: 2009-05-15 Location: Cape Town
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Sat Sep 25, 2010 4:06 pm | |
| Hulle is die oulikste dingetjies! Ek wil ook een he! _________________  |
|
Jost yorkshire terriers Newbie


Posts: 22 Join date: 2010-04-03 Age: 53 Location: Kenhardt
 | Subject: verwonderd oor biewer Sat Sep 25, 2010 7:20 pm | |
| Ja jy kan maar een kry vir jou. Jy sal nooit spyt wees nie. Hul is n groot plesier. Sukkel net bietjie met myne dat sy moet eet. Pik pik net aan haar kos. |
|
BellaPetitYorkies Super SAYer


Posts: 462 Join date: 2009-10-22 Age: 27 Location: Lambton, Germiston
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Mon Sep 27, 2010 1:41 pm | |
| Ag oulik! My Biewer doen dit ook, hy druk ook met sy neusie so teen ons wange (asof hy ons n soentjie gee!) Ek is mal oor hulle persoonlikhede! Dit is definitief baie anders as yorkies. Daarom sien ek hulle glad nie as n yorkie nie want daar is BAIE verskille!
|
|
Amoureux Seasoned SAYer


Posts: 761 Join date: 2009-05-18 Location: Kroonstad
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Tue Sep 28, 2010 7:39 am | |
| Hierdie hondjies kan darem maar met ons harte smokkel............... |
|
Karen Seasoned SAYer


Posts: 732 Join date: 2010-06-15 Age: 46 Location: Pretoria
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Tue Sep 28, 2010 8:53 am | |
| Dis baie waar!Myne doen dit erg! |
|
Val Seasoned SAYer


Posts: 2061 Join date: 2010-05-06 Age: 32 Location: Kuilsriver, Cape Town
 | Subject: Re: Verwonderd oor my Biewer Tue Sep 28, 2010 9:09 am | |
| Dit is waar!!! Hulle is te dierbaar!!! _________________  |
|