HomePortalFAQSearchRegisterLog in

Share | 
 

 Nuwe lid

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Jost yorkshire terriers
Newbie
Newbie


Posts: 22
Join date: 2010-04-03
Age: 53
Location: Kenhardt

PostSubject: Nuwe lid   Mon Sep 06, 2010 3:50 pm

Hallo Almal
Ek het n ruk terug lid geword, maar skoon daarvan vergeet. Ouderdom Embarassed Maar nou ja hier is ek weer. Probeer tik met n biewertjie wat my hand aflek, het n koekie gehad nou-nou, sy proe dit seker.
Ek teel yorkshire terriers vir10jr plus. Het nou ook n biewer a la pom pon tefie, oh ek is mal oor die naam. Sy is nou 10 mnde oud en ek geniet haar so!!!
Ek het 2 oues van dae 11jr oud. En dan is daar my 2 reuntjies. En 4 tefies. Ek het onlangs n tefie verloor met n keisersnit. Sedert ek die eerste keer n yorkie gesien het, was ek in vervoering. Het nie geweet watter soort dingetjie dit was, wat ek in n meubelwinkel gesien het nie.

Het omtrent rondgebel om ras uit te vind. Maar my man wou nie een vir my koop nie. Hy is n boer en vertel toe vir my dat hy eerder n melkkoei koop van die geld??!! Shocked Toe het daar 16jr van my lewe verby gegaan sonder n yorkie. En skielik hier op n dag, toe ek nou al vir die hoeveelste keer advertensie van yorkies te koop, vir hom lees, kon ek toe een kry. cheers

Oja, dan is hier nog 2 tefies. Mishka en Layla, maar hulle is nog in die baba stadium. Sal later fotos opsit van honde. Moet nog eers uitvind van dimensions van die fotos. Ek is maar erg dof met die tipe ding. confused
N Mens kry sulke mooi herrineringe met die teel, sal my altyd by bly. Wonder of ek my rekenaar saam sal kan vat eendag ouetehuis toe, dan kan ek na fototjies kyk en onthou van al die wonderlike mense met wie my pad gekruis het sunny
Groete tot volgende keer. Geniet jul YORKIES!!
Back to top Go down
Marilize
Admin
Admin


Posts: 1460
Join date: 2009-05-15
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Nuwe lid   Mon Sep 06, 2010 4:03 pm

Welkom by SA Yorkies! Dit klink omtrent asof jy 'n lekker, behoorlike span Yorkies het.

Jy moet sommer vinnig foto's oplaai. As jy sukkel, gaan loer in die Site Help and Suggestions gedeelte vir bietjie raad oor hoe om foto's op te laai, 'n signature op te stel, ens.

Terloops, hoe lank bly julle al op Kenhardt? My pa het daar op Sonop groot geword Smile

_________________
Back to top Go down
http://www.sayorkshires.com
Magda Nothnagel
SAYer
SAYer


Posts: 138
Join date: 2009-07-27
Age: 50
Location: Durbanville

PostSubject: Re: Nuwe lid   Mon Sep 06, 2010 4:06 pm

Baie welkom! Lekker om in Afrikaans te skryf. Jy sal dit hier geniet, moenie te lank draai om fotos te plaas nie, ook van die Biewertjie!
Back to top Go down
Val
Seasoned SAYer
Seasoned SAYer


Posts: 2061
Join date: 2010-05-06
Age: 32
Location: Kuilsriver, Cape Town

PostSubject: Re: Nuwe lid   Tue Sep 07, 2010 7:05 am

Baie Welkom by die forum!!!!

Jy sal dit baie geniet!! I love you

_________________
Back to top Go down
Amoureux
Seasoned SAYer
Seasoned SAYer


Posts: 761
Join date: 2009-05-18
Location: Kroonstad

PostSubject: Re: Nuwe lid   Tue Sep 07, 2010 7:30 am

Baie welkom, ek stem saam sal graag eendag my rekenaar in my ouetehuis kamer wil hĂȘ dat ek die hele dag net na foto's kan kyk. Ek hoop jy geniet dit hier by ons en ja, ons vrek oor foto's so plaas asb gou vir ons 'n paar.
Back to top Go down
http://www.Schatz.co.za
BellaPetitYorkies
Super SAYer
Super SAYer


Posts: 462
Join date: 2009-10-22
Age: 27
Location: Lambton, Germiston

PostSubject: Re: Nuwe lid   Tue Sep 07, 2010 10:59 am

Baie welkom by die forum! Jy gaan dit baie geniet hier! Daar is verskriklike oulike mense op die forum! Kan nie wag om foto's van jou Biewer en Yorkies te sien nie! Smile
Back to top Go down
http://www.bellapetityorkies.co.za
Jost yorkshire terriers
Newbie
Newbie


Posts: 22
Join date: 2010-04-03
Age: 53
Location: Kenhardt

PostSubject: Re: Nuwe lid   Tue Sep 07, 2010 11:28 am

Dankie vir die verwelkoming. Ek is nog bietjie dom hoe om fotos op te sit, maar sal nog agter kap van die byl kom. Jou Biewertjie is absoluut pragtig hoor. Jy kan baie trots wees op hom. Ag hulle is darem net te cute en so dierbaar. :bounce:
Back to top Go down
BellaPetitYorkies
Super SAYer
Super SAYer


Posts: 462
Join date: 2009-10-22
Age: 27
Location: Lambton, Germiston

PostSubject: Re: Nuwe lid   Tue Sep 07, 2010 12:05 pm

Dis te danke aan Amoureux dat ek so pragtige dingetjie het!! Hulle is baie anders as yorkies! Hy is so liefdevol!!! Ek wil hom net opvreet! Razz Ek weet nou nie wat het Amoureux voorgestel nie, maar ek laai my foto's op www.photobucket.com en dan copy mens die kode onder elke foto en paste dit net hierop!
Back to top Go down
http://www.bellapetityorkies.co.za
Pepper Paws
Super SAYer
Super SAYer


Posts: 287
Join date: 2010-04-29
Age: 26
Location: Mossel Bay

PostSubject: Re: Nuwe lid   Wed Sep 08, 2010 10:54 am

Welkom welkom!! My afrikaans isn't good at all so I'm just going to say this in english lol!
Hope you have fun on this forum, everyone is so helpful and friendly and I can't wait to see photo's!!
Back to top Go down
TaylorWoods
Seasoned SAYer
Seasoned SAYer


Posts: 1666
Join date: 2010-04-29
Location: Durban

PostSubject: Re: Nuwe lid   Wed Sep 08, 2010 11:50 am

Hi and welcome Smile you'll have a great time here with us Smile
Back to top Go down
Amoureux
Seasoned SAYer
Seasoned SAYer


Posts: 761
Join date: 2009-05-18
Location: Kroonstad

PostSubject: Re: Nuwe lid   Thu Sep 09, 2010 11:56 am

Het nou net na jou foto's gaan kyk, al jou hondjies is te pragtig vir woorde.
Back to top Go down
http://www.Schatz.co.za
 

Nuwe lid

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Nuwe lid
» Nuwe lid op die forum
» Nuwe Yorkie Eienaar
» Wallace & Kiahra soek 'n nuwe huis
» What to do to add new Koi to a pond?

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
SA Yorkshires :: Welcome to SA Yorkshires!-